77. SLAAPSAAM

Ek noem my verhoudings vriendinne nie op hulle name nie
Want al is ons uitmekaar en het soms geskille beskerm ek hulle
Want die geliefdes meestal is eerlik en beskerm my ook
Maar hulle moes deurloop oor my rou vir my grootse liefde
Waar voor ek selibaat was tot diep in my middel jare
Dit het alles net so vinnig gebeur na die liefde se verlies
Waar na ek net opgegee het vir die eerlike wêreld
En ook so uiteindelik ook maar opgegee het aan my grootste skaamheid
Ek het so probeer stukkies liefdes lewe probeer optel waar ek kan
Dis die stukkies liefde wat wel my aan die lewe gehou het
 So kom hulle skielik en aan hulle weer soos die wind
Maar die meeste hou my wel liefdevol in hulle harte
Soos ek die groot verliefde van my skaamte
Die een wat my grootse vrees en liefde ontvlug het
So staan hulle by my hart in vertroue
Nie meer soos my groot liefde se gif nie
Want daarvoor was my liefdes stukkies ver te min
Maar ek weet iewers bestaan hulle liefde wel
Maar nogtans wil ek nie alleen wees nie
Maar ek wil nie nog foute weer maak nie
Want iewers in my is ek nog baie lief vir my grootste liefde
Dit jag gelukkig of ongelukkig die ander vlammetjies weg
Maar ek weet dat ek ook ʼn nuwe lewe moet begin
Maar weer so ʼn groot liefdesmaat is maar min gesaai
Want die ander het ou goed in hulle sake wat nie myne is nie
En my hart is daarvoor nog te jonk en vrolik
Ek speel nie ou speletjies en dwarswalle rolle nie
Ek soek ook nie die foute van ander manne nie
Want in my is my liefde soos ʼn jong Dawid sin
 Al groei my grys hare en trek my gesig dalk plooie
Is die weiveld nog groen en vol liefdevolle bloeisels
En so bly my aanvanklike liefdes oortuiging nog eerlik
Wanneer die opregte vrou kom sal my liefde haar dan maai
Net soos my Skepper dan dit wil hê anders lewe ek in die Skepper
En dink aan die handjievolle geliefdes wat wel my lewe plesier het
Want ek mag nie bepaal wat my lewe moet wees nie die Skepper moet dit doen.

09/10/2005