2. STYWE DOEKKE

Die koue windjie waai my doeke styf
Dit is warmer wanneer my ouma op my magie skryf
Terwyl my ma die trein kondukteur ontduik
En my pa as skrynwerker sy vakleerlingskap aan pak
Terwyl my oorlede oom Willie my met pap vol maak
Ek durf nie aan kwaad doen dink nie
Dan het my ouma my ma berispe
Want hy is te jonk vir ʼn pakslae
Wanneer hy skaars nog nie kan kruip nie
Ek het vreugde uit die armoede gebring
Maar later word ek ʼn ketting skakel in die huwelik
Sodat my pa die huis en kinders ontvlug het
Die koue stywe doeke het my vroeg ryp gemaak
As ek nou warm moet dink om aan die lewe te bly
Kan jy reg dink dan is jy ʼn soet baba
En ek was ʼn soet baba vra maar my ma
Om reg te wees is nie om populêre te wees nie
Jy is meestal alleen in daar die waarheid se spens
Want die populêre sonde sal jou nog altyd straf
Maar my doeke was styf van die koue geregtigheid
Daar om weet ek die Vader hou my nog altyd dop.

30/09/2004