76. TE SKAAM

Die kognitiewe funksie is net so me behoud
As die funksies van my emosionele intelligensie
Dit beheer my aksies, denke en my fisiese liggaam
Ek wil nie maklik die foute van ander en my ouer begaan nie
Iemand wat lief het wil nie somer ʼn ander seermaak nie
So wil ek ook nie die grootste wette wat regtig saak maak breek nie
Ek wil nie in mense of familie haat verder verval nie
As kind was my onkunde in die rol verstaanbaar groot
Dit is by dieselfde onkunde wat ek nog elke dag by leer
Ek het geleer om vir die werklike waarheid op myself te vertrou
En het gedroom aan ʼn gelyke vrou wat my binneste kan verstaan
Die een wat ek kan met alles vertrou
Die een waarmee miskien eendag kan meer trou
Ek soek eerlikheid, kwaliteit en deursettingsvermoë
Saam met onafhanklikheid en van binne mooier as van buite
Die wêreldse goed wat net fisies is kom by ver tweede
Want dit is van die wêreld se goed waarvan werklike egskeidings kom
SO soek ek entlik die onmoontlike en slaan op vlug as die wereldsegoed naderkom
My hart pomp liefde maar my hande en mond bly te stil
Baie stil vir die vrees van die’ onbekende emosies en denke
Stil vir die moontlike eise van enige liefde of verhoudings
So lei my drome my weg en die werklikheid gaan verby
So skaam is ek vir die onbeheerbare dat ek die boeke ingevlug het
Ek soek eers standvastigheid, ʼn huis, ʼn voertuig en ʼn goeie inkomste
Die selfde wêreld se goed wat alles eers moet reg wees
Want onbewustelik weet ek waarna haar familie en vriende gaan kyk
En ek het haar werklik lief en wil ook nie haar laat sukkel vir oorlewing nie
Daar by kon ek nie vir haar toe se ek is lief vir jou nie al wou ek vir jare al
SO verloor ek wat ek die kosbaarste beskou het weens skaamheid
Want sy het net met tyd gesê ek is nie reg vir haar nie
As ek net kon vroeër gepraat het en leiding geneem het
Maar ek wou nie manipuleer nie want ek soek ʼn gelyke
Daar na maak skaam nie meer saak nie maar ek verloor vertroue
Ek probeer net om ʼn kleinbietjie van die lewe te hê wat ander het
Want ek het baie lank en deeglik gewag tevergeefs vir die beste
Ek het ʼn paar verhoudings gehad maar dit was nie dieselfde nie
Want my liefde, die hart en die wysheid weet die kwaliteit wat dit soek
En dit is nie reg om deur mense gebruik te word of ander so seer te maak nie
So het die wêreld met sy materiële ding my jonkheid en liefde weggevat
Maar dit is beter om by die Skepper van liefde te bly as die vrou nie wil saam bly nie.

09/10/2005