28. TEGNIESE HOERSKOOL MARAIS VILOEN

Ons trek toe weg Mondeor toe
Die skool is nou vêr gele in Alberton
Ek word weer getoets en weer is die IK hoog
Hulle sit my in ʼn tweetalige klas, 8UD
Die Engelse en Portugese meng nou saam met my
Terwyl die Afrikaners van Kliprivier my looi
Dan is daar ʼn boere oorlog weer los op skool
Maar almal kyk om die bus die oggend te saboteur
In die middag kry die busdienste ons weer terug
In die oggend word die huiswerk op die bus gedoen
So word die onderwysers se IK’s word met gemors getoets
Terwyl hulle die ander wat afskryf lekker uit vang
Want die gemors het net een oorsprong soos ʼn ware antwoord
In die middag na naskoolse aktiwiteite loop ek vêr terug huis toe
Waar Lance my Mede Skotse buurman met my stoei
Ons was altyd vriende en het soms skaak gespeel
Hy was reeds ʼn student van fynerre kunste by Wits
En ek is maar net ʼn vakleerling van pas en draai werk
Terwyl in my kop die sosialewetenskappe omdraai
As ek glimlaggend die basiese Carnegie se boeke lees
En by die skool saboteur die gemengde klass. die onderwysers
Dit lyk nie of ek alleen hulle IK’s toets nie
Sommiges hardloop die klas uit en wil ons los
Anders dros die hele klas en vind ander toesig
So weet die visie prinsipaal nie wie regtig by hom sit nie
Ek moes later alleen by hom spandeer
En opstel na opstel vir hom skryf
Hulle wil my sogenaamde disleksie gesondmaak
So maak ʼn tegniese skool my toe ʼn foto-joernalis
Ek vind later my lewensgetroue vriend Mario daar
Die laaste jaar sneeu dit ook om my geboorte te herdenk
En so is die skool verlos van my rebellie.

16/03/2005