24. TEGNIESE HOERSKOOL RODESFIELD

Die’ wêreld van tegnologie hoe my uit die politiek
Want hier speel hande werk saam met boekwerk
Dit het die ingeneur in my los gemaak
My brein wil net ontwerp en bou
Want die wêreld se produkte maak nou sin
So het dit waarde gehad vir die mens
Want dit was nie almal op haat gebou nie
Die liefde vir vakmanskap het ook ʼn rol gespeel
Ek kon my inleef in hierdie praktyk
Maar akademies het ek nog nie presteer nie
Die rebellie teen haat was nog aan die gang
Sommige dae het ons vir die geraas stilgebly
En hartstogtelik die lug opgekyk
Om die vorms van die vliegtuie uit te maak
Wat van Atlas oor Jan Smuts lughawe opgestyg het
Dit was hulle gevorderde tegnologie wat ek bewonder het
As dit net omgeskep kon word van haat na liefde toe
Van wapens na liefdevolle werktuig of produkte
En nie die haat en filosofie daar agter nie
Vir my was soldaat wees ʼn eerbare beroep
Dit het ook gepaard gegaan met globale liefde
Vir die wêreld en elke individuele persoon
En die belangrikste die liefde vir die Vader die Skepper
Dit is hier waar ek geweet het
Dat ek onder die mens ʼn rol kan speel
Want die individuele persoon is ook die tegnologie van die gemeenskap
Alles sosiale wetenskappe, tegnologie en praktyk
Is van waar uit hierdie kind opgemaak is
N sy stille binnekamer en persoonlike beleid
Die ander kan maar saam met die sosiale wind waai
Die kind het homself aan spreeklik gehou
En so het hy sy fondasie gebou.

10/03/2005