14. ALBASTERS

By die speletjies kom die vormingsjare tevore
Dit is hier waar ons ons familie beleid uitoefen
Boelie ons vir albasters of steel ons dit
As jy nie saam praat nie speel jy nie saam nie
Die groep staan op en jy word van jou skat verlos
Dit is as jy nie vinnig genoeg kan hardloop nie
Die taal beleid was hoogstens Afrikaans
En natuurlik Engels in 'n ander soort groep
Gemeng word min en dit is dan albaster oorlog
Daar word baie van hulle pa’s gepraat
Hy was die huis president van hulle tuislike party
Daarom het soort vir soort gesoek
Die stilles het net een verweer gehad
Hulle was meestal alleen en soms klein
Hulle kon net wen met hulle eie vermoëns
Die vermoë om beter as ander te kan speel
Die vermoë om met agresie te kan onderhandel
Die vermoë om beide strategies en takties te speel
Dit vereis meer as net intelligensie
Dit vereis tak en diplomasie
Sodat die boelies en bendes nie met jou baklei nie
Hier word jy vroeg geleer
Hoe om te oorleef in die sosiale debat
Veral as jy alleen en in die minderheid is
Jy bly stil van jou standpunte
En laat hulle hulle gang gaan
As ʼn meerderheid het hulle miskien mag
Met hulle groter, sterker en bakleierige houding
So het hulle miskien die wêreld oorheers
Maar van tyd en natuur het hulle min geweet
En tyd het hulle waarhede en swakhede geopenbaar
Die natuur is regverdig al buig ons dit tydelik
Dit het die wyse liefdeskind geweet
En met stille liefde het hy baie albasters bymekaar gemaak
Maar sy skat was nie wêreld se goed nie
Maar liefdes insig, wysheid en intelligensie.

22/02/2005