1.             VLUG DRIE

By die Lugmag Gimnasium word ons volgens ons vane ingedeel
Die orige B’s en al die C’s maak toe Vlug Drie op van Een Eskader
Die van ons wat reeds kort hare het sin word nog korter gesny
Uniforms, swaar trommels word saam met gewere aan ons uitgereik
Ons word rond gejaag met onvoltooide beloftes van rus
Maar mens is veilig as jy die werksure in aggeneem want hulle is ook so menslik
Selfs as militaris en instrukteur Korporaal A. Uys moes daarby hou
Hy het my soms Clarkie Mackay genome omdat ek hom aan so ʼn persoon laat herinner
Maar vir die res van die lede was ek maar net die verduiwelse smilely
Want soos die noodlot dit wil hê was ons ook vir die glimlag goed rondgejaag
Hoewel die Korporaal was menslik en neem notisie van my alewige bewerigheid
En vrae m voor ander instrukteurs wat my fout mag wees
Hoe kon ek hom van my oortuiging sê dat hierdie wapenmonteur ʼn liefdes soldaat was
Ek bly toemaar baie skrikkerig maar weer daaroor stil
Weens my ysskaats is die brug van my voete meer as normaal opgebou
Die stewels pas nie en my linkervoet kry baie seer van skaaf merke
So dril ek eers in erger pyn en probeer stil bly
Totdat die Korporaal my uitruk en na die Militêre Polisie toe vat
Waar hulle van die oorsaak van my pyn uit vind en dit was nie moedswilligheid nie
So het ek die res van my basies meestal gedril in gimnasium gemakskoene
Ek en ander was meestal ʼn reaksiemag wat die kamp moes oppas
Hierdie afbreek en sogenaamde opbou het ek toe van veraf dopgehou
Die proses maak miskien deur die aksie ʼn vegsoldaat wat sy noodlot haat
Maar dit maak nie ʼn liefdes soldaat wat diplomasie en mense regte aanhang nie
Waar die ander net volgelinge van instruksies en die gepropageerde haat is
So mag hulle dalk op die aarde en fisiese wêreld hulle oorsaak wen
Maar met ons liefdes Verlosser gaan hulle, saam met hulle kapelane die hemel verloor.

19/03/005