12. VOORTREKKERS

Ken julle die regte geskiedenis van die voortrekkers
Van Paul Kruger tot Raggeltjie de Beer
Van Piet Retief tot Jopie Fourie
Tot by die een wat dapper by die muur staan
Maar van die skot en sy familie weet hulle niks nie
Hier staan hy met kortbroek en volkspele hou
Hulle weet nie van sy herkoms soos die ander nie
Van hulle oorlog met Vikings en Engelse
En min van die groot trek van die 1820 setelaars
Van hoe ʼn Engelse heer hulle verneuk het
Waar hy naby Grahamstad wou hê dat hulle moet hout steel
En hulle toe sonder vergoeding en eerlik afgesleep word na Uitenhage
Na hulle vryheid het hulle ʼn wa maker in Grahamstad geword
Hoe Clark waens voortrekker waens geword het
Hoe die familie waens gehelp het om Kimberley te bou
En hoe Culling se eerste skuins skag
Deur dinamiet geskiet is van ons hande
Hoe ons by Generaal Jan Smuts beeste gekoop het
En hoe ons familie later deel van sy familie geword het
Ons het nie as oorheersers gekom nie
Ons het as boere gekom wat ook wil Afrikaans praat
En vir regverdigheid en vir die waarheid opstaan
En vir duidelike mense regte
Ons is net soos ander Afrikaners
Wat ons stukkie in Afrika wil bou
Al het ons onlangs ook teen die muur gestaan
Ween ons ʼn liefdes traan vir ons vyande
En sal hulle omhels as hulle vir die waarheid opstaan
Vir die Skepper en hulle naaste lief het soos hulleself.

21/02/2005