19. VRIENDE EN BESIGHEID

Daar was in my jeug min vriende
Maar as daar was het ons ʼn boesem vriendskap gehad
Dit was meestal my vroeë gevoel oor politiek
En my pa wat heeltyd op die pad was
En my werkende ma wat ons in die sorg
Van die huishulp geplaas het
Wat veroorsaak het dat ek meestal by die huis deur gebring het
Ek het eers later begin om vriende te maak
My broer was ses jaar jonger en ek was te versigtig
Om deur ander se dinge meegesloer te word.
Ek moes ongesiens by my min vriende
Vinnig leer wat hulle ouers hulle geleer het
Sonder dat hulle self dit besef,
Anders sou hulle my geterg het en oorgeneem het.
Ek het maar vak boeke gelees ver voor my maats
En na grootmens se praatjies onopgemerk geluister
Dit is toe dat ek my sakgeld gemaklik wou verbeter
Die huishou takkies en kar was was te goedkoop
Ek gebruik toe my speelgoed skuifie projektor
Wie se skuifies stil stories met my mond vertel word
As die oorklanking van die operateur in Afrikaans
En so was die eerste besigheid daar
Maar die ander kinders en hulle sakgeld
Het nie van die soort rolprent gehou nie
Al was die prentjies mooi en die stories goed
Maar daar was nie baie verskeidenheid nie
En dit was nie die ware Jacob nie
So het ons ons eerste besigheids les geleer
Want as ek koek wou hê dan moet ek dit self bak
En as ek meer sakgeld wil hê dan moet ek meer werk
Dit is hoe maar man alleen die hele huis binne
En buite moes uitverf onder die druk van ʼn ambagsman
Dit was vir net halfprys teenoor die duurder arbeid
Dit was hoe ek my eerste professionele film kamera,
ʼn Marinda Sesomat, by ʼn tweedehandse winkel gekoop het.
Dit was net hier waar ek weer self moes leer om foto’s te neem
Waar ek eerstens lief geword het vir foto-journalistiek

23/02/2005