38.            VRYHEID SE KEWER

Soos met meestal oorloë is daar brandstof beperking
Want ons het toe al ernstige boikotte gehad
Jy moes ook ʼn fooi by betaal  voor jy jou eerste druppel ingooi
Dan kom die prys van die beperkte hoeveelheid brandstof by
Dit was met ʼn pas dat ek die geneesheer se seun vol na die dorp Vryheid
Ek dink ek was vir meer as arbeid as vriendskap daar
Die het ek in die aan in sig van Vryheid se liggies agtergekom
Want sien jy stoot die kewer die bult uit
En dan staan jy op die voetplank die afdraande af
Ons het sowat tien kilometer buite die dorp die aand al begin
Die geneesheer se seun se gesin was baie gasvry
Maar oppad terug gaan staan ons maar weer
Die keer net voor die dorp waar ons laaste keer brandstof ingegooi het
Dit was vroeg oggend terwyl die kewer stotend in die mis gly
Al deur die stille dorp strate want die pompe moet aan die verstekant wees
Ons kom goed moeg by die brandstof pompe uit en dan is hulle nog gesluit
Weens die beperkings was hulle ook net sekere ure ook oop
Dit was met hierdie rit waar ek sedig in my lewe besluit het
Ek stoot nie weer ʼn voertuig weens tekort van brandstof nie
Al was ons ook uiteindelik betyds by ons basis

30/03/2005