1.             WERKSOEK

Mir my was nasionale diensplig nog as soldaat aan die gang
Daar was met die egskeiding nie meer geld vir enige studies nie
Nog wil ek nie na daardie infanterie kam 3-SAI toe gaan nie
Ek was gelukkig met ʼn tegniese skool grootgemaak
En wou graag my vakleerlingskap voltooi
Maar ek weet nie om werk te soek nie
My vervreemde ouers stuur my vir toetse
Dit was IK en aanleg toetse by Pretoria se Universiteit
Die uitslag wys almal na geesteswetenskappe
Bo was mense regte en prokureer
Tweede open die veld van kinder sielkundige
En derdens vermaaklikheid in drama
Maar vir ʼn ambagsman was daar min kans
En my swak matriek en min finansies het my in kettings gehad
Ek moes toe maar die beste van ʼn saak maak
Die familie ken toe ʼn kolonel in die korrektiewe dienste
En daar word hastiglik aansoek gedoen
Ek gaan maar toe self  by die Calton Senter se werwings kantoor toe
En doen aansoek om by die lugmag aangesluit
Hulle brief vir ʼn keurraad het my eerste bereik
Dae net voor ek by die leer moes aanmeld.

17/03/2005