80. WORD STERK UIT SWAKHEDE

Eers as baba en klien kind kon ek nie regtig vir myself sorg nie
Maar vroeg nog op laerskool leer ek myself om kos te maak
Want ek hou die ouer mense goed dop en leer uit my foute
Want albei my ouers het gewerk en as ek iets spesiaal wil hê
Moet ek daar die koek self bak en versier al was dit soms ‘m flop
Ek breek ook op die ouderdom my regter arm en moes toe nog skool toe
Daar moet ek maar leer om my linker arm en hand te gebruik selfs vir skryf
Ek moet toe sien hoe ander ouers hulle kinders leer
En so staan ek stil net eenkant en leer stilweg saam met hulle
Al was ek menssku oor my liefde en haat oriëntasie
Het ek nog goed gedoen op die verhoog en met voordrag van gedigte
Ek doen toe wel later goed met drama sonder woorde want iets het my mond vasgehou
As laerskool leerling het ek eers goed gevaar met A plusse in vakke
Toe kom daardie haatlike eerste ordelike pakslae by die Afrikaanse skool
Later sluit ek aan by ʼn internasionale publieke redenaars organisasie
Daar word ek vir ʼn jaar tot die ordemeester in die gemeenskap
Maar my pa het gedink dat ek as kind disleksie gehad het
En dit was ook die redenasie van ʼn enne juffrou
Vir daardie vreeslike pakslae wat al my skolastiese prestasie stopgesit het
Maar my pa sien my akademiese loopbaan vaar nie goed nie en sit my in ʼn tegnieseskool
Ek werk aan my sielkunde, sosiologie en taalwerk elke dag en nag
Ek wen toe hoe pryse in die veld maar niemand wou die corporal glo nie
Hulle wou die Vlugsersant ook nie later glo om vir die ministerie toesprake te skryf nie
So met al die teenstand word ek toe later ʼn foto-joernalis by die Weermag
So word ek later ook siek en word met skisofrenie gediagnoseer oor ʼn periode
Ek staan maar weer net alleen op met die selfde individualisties wil
So identifiseer ek my swakhede met tyd wat gepaardgaan met skisofrenie
Bepaal my aanvanklike koers op my vorige suksesse en hou met moet aan
En bou my op met tyd stukkie vir stukkie tot vandag waar hulle my ken
En tot my geneeshere die remissie van my kondisie kan sien
So wanneer ek kan my swakhede bepaal kan ek dit met tyd weer opbou
So kry ek weer kennis en hou ek aan tot dat ek bietjie werk kry
En leer met al die uitdagings vandag om besigheid te begin te doen
Ek leer om myself  en my huishouding  beter te bestuur
So word ek nog altyd ster uit my swakhede met positiewe liefde
Sodat die Skepper kan waardeer uit wat se stoffasie ek gemaak was.

14/10/2005