40.       “A” PLUS

Hy kom met A’s aan
Tot die aap gaap.
Dis ʼn lang lied,
Hy sing, dis selfgemaak.

Al dra die’ Sarel
ʼn seemonster of papegaai.
In sy papier seil
ʼn seerower skip.

Ander se skatte
Word in grotte versteek,
Hulle talente
Het nie A’s of B’s nie.

Nog minder syfers.
Hulle praat met hande,
Hulle maak dinge,
Hulle verkoop dit.

Jy met letters en syfers
Verkoop ander se goed.
Waar’s jou eie?
Help ons kies.

Kyk vriend wat die aap laat slaap,
Met hande maak ander dinge.
Hulle sleep anker onder u woorde.
Hulle kyk op na u maste.

U die wyse met papier.
Ken u die werkers?
Ken u die hande?
Ken u die land?

Wat u lei
Met ʼn A plus
Waar is ons
Op papier gekruis?

Maak oop die grotte,
Tot by die skatte.
Daar lê ʼn geheimenis,
Die’ mens.

Laat die’ innoveer,
Laat die’ bou,
Laat die groei,
Tot die’ wys is.

Dan skrik die aap wakker,
ʼn A plus is dit werd.
Met kennis
ʼn nuwe wysheid.

Soos ʼn groot vloot,
ʼn handels vloot.
Vaar in alle rigtings voort,
Ons is weer wat ons was.

19/06/1989