3.            ARIEKREKEL

Hier kom die arikreukel,
Soutwater slak in pekel.
Hulle het ons almal gevat vir ʼn verneukspul
En het lekker tussen sandsteenklippe gesmul.

Pluk ons jou af dan slaan jou deur toe,
Dan slaan ek jou dop oop en stuur jou hoek toe
En gooi jou as aas oopwater toe
En stuur somer ʼn vis daarna toe.

Enigiets van klipvis tot sandhaai.
Haai maar jy smaak lekker, aai!
Soveel eet jou, hoes daai?
Nou gaan jy bord toe, laat waai.
Kyk vir oulaas vir die kaai
Voor ek die kookboek om blaai.