20.       BLASE

Doen toe vir niggie en kinders ʼn guns
En vang vis oorkant steentjieklip.
Vat ook hul vislyn en plak aan die aas
En lê toe agteroor om ʼn uitjie te knip.

Maar Langebaan se water lyk na sinkplaat,
Miskien het hulle baai maar ʼn sinkgat
Dit lyk liggies sover en gaaf.
My matrose dink seker ek is laf.

Nog geanker om te braai onder die son
En die kinders hang aan die lyn
Word weer gekyk, goedeloos
Die sinkplaat se hel is los.

Roei met die bek na die wilde perde
En kyk O, tog na daai klippe Here.
Vind ek ʼn uurlose strand en blase.