21.            CHURCH HAVEN SE MENSE

Ek ken jou van telefoon geslinger
Waar die gieriges in luister
En dan wys almal vinnig vinger.
Hulle gesigte kyk deur
Die lyf van ʼn indringer
En min sê nee vir die sap
Van diep uit die wingerd.

Hull ken die ouman van bo,
Hy wat graag vis vang met gety.
Hy trek net onder die Maan
En hou so aan na gelang.

Min goud is waardevoller
As ʼn bokkom of twee,
Besigtig die ministers
Wat ook hier deur kom
Met boortjie gedwee.

Al is jou pad vaal gerys
En rustig soos gister.
Sien ek beeste wei op die see
En vir die sout smaak sê nie een nee,
Maar stil weg word hulle al digter.