72.       DIE VIERKLEUR

Knyp die oë styf vas
Net soos die radio
En dan hoor ons die taal,
Die kultuur van die Boer
Wat Afrika gaan roer
Al is hy wit of swart
En kom die liefdevolle kleurling daar in
Of al boer hy soos ʼn Boesman.
Dit is die Vierkleur.

Ons boer op die groen grond,
Hier myn en landbou ons.
Ons boer in die blou water
Tussen die vis en hawens.
Ons boer onder die oranje-rooi lug
Tussen asems, voëls en vliegruimte.
Ons boer môre tussen die wit van die ruimte,
Tussen die sterre is ons eie toekoms.
Dit is alweer die Vierkleur.

Ek sien Afrikaans in die Amerika's,
In Europa, in Asië,
Vra die Maleiers en Indiërs?
Ek sien dit in Australasië.
Dit is ʼn internasionale Vierkleur.

In die Afrika Unie roer die Boer
Want ons mense moet smul
Aan die waters en vrugte
Van die ekonomiese aarde.
Soos hulle smul aan die kennis
En die demokratiese staat,
Dit is die’ Boere staat.

Gee Afrika Afrikaans
Want Afrikaner beteken nie
 Net Suid Afrika nie.
Los ons so dat ons
Ons dors kan les.

Gee die Boer sin,
Los nou sy gesin.
Gee Afrika sy vryheid
Van die Vierkleur
Tot die hiernamaals in.

14/06/2003