75.       DIE LAASTE MEERMIN

Meiringspoort is haar tuiste
Vir die laaste honderde jare.
Na aan haar hart
Lê ou Gondualand,
Hier proe sy die soet
Koue bergwater
Van die waterval
Die is haar gunsteling plek.

Soms op ʼn baie stil dag
Dwaal sy so vêr as Klaarstroom
Of net voor De Rust.
Waar jy haar kan hoor
Sing die lied van natuur,
Maar gewaar jy haar
Verander sy in ’n luiperd
Wat die berg in vlug.

In ʼn helder aand
En net in vol Maan
Kan jy haar hoor huil
Wanneer sy jammer word
Vir die poort se spook.
Hy herhinder haar
Aan ou geliefdes
En ʼn wilde oseaan.

Wees katvoet vir haar
As jy volhard om haar te kry,
Bly maar weg vêr weg
Want sy gaan op jou verlief raak
En hou sy jou gevange vir ʼn leeftyd.
Jy sal nie meer iemand anders kan liefkry nie
Want sy het jou siel vasgevang
En jou gelos as ʼn kluisenaar.
Jou met mense deel gaan sy nooit
As sy jou saam met haar geliefdes bymekaar maak
Onder die towerkrag van Neptunus.

05/04/2004