30.       DIE MYN

Hande skud nog in die oopgroef
Dit het lankal die seil beproef,
Die kerse in bruin papier toegedraai.
Steek die pen in en sê “Ai !”
Steek in die koper pit en raai
Watter gat se stopsel gaan waai.

Hier kom iemand met ʼn vuurstok
Niks wil dit dood, wat ʼn skok
As hulle hardloop soos dasies na die trok
Wat uit jaag onder ʼn donder klank.
So kom nader gejaag ʼn stukkende rotsbank,
Vind sigaret en bril dit glimlaggend geskik.

Die waaghalsige mense
Maak leeg die pense
Wie sit op brandstof
Wat glo nie sal ontplof.
Bewend vind die kinder
Liewers vrede in ma se kombuis.