51.       DIE ROEPTEKEN

Met hout wiele van stof het ons gekom.
Tot die oorklanke van motors kom.
Uit die vreemde het ʼn universele taal gekom,
Woorde wat ons stom slaan
En daar word tergeefs gesoek na ou woorde.

Waarom kyk ons teen die verlede
As of die toekoms daar was?
Waarom roep ons die dooies op,
As ons weet kinders word môre gebore?
Is ons bang of net die leierlose?

Nee wat, daar word vasgeskop
En gesê dit moet so wees.
Dit is ʼn fout,
Die loop en dit sal so wees.
Die nuwe is ʼn moet
Maar die gewere is toegestop.
Raadop vir die kaliber van ons mense
Trek weer gedagtes
En ons is weer wat ons was.

Wys ons krag deur die lope van verstand,
Wys dit in die huis van die hart.
Wys dit deur die hand van vriendskap,
Sodat almal kan sien ons korrel is opreg.
So het ʼn volk trots
En sy taal nog lewe.

02/08/1989