61.       DIE SON

Bad in geel gedooi
Soos ʼn pendulum gegooi,
Van humeur so rooi
Kom elke dag van die kooi.

Maak herfs in die wolke
En word gedood met skadu dolke.
In laaste lig kom daar weer
ʼn donderende reënboog wat ween.

Dan kom die skilder weer
Met ʼn pallet vol kleur.
Soos ʼn generaal vas genaal
Aan ʼn kosmiese sterre-reën.
Deur hom wat alles soen tot seisoen,
Sy wolke vlagies gaan julle ook môre seën.