42.            DIPLOMASIE

Met een voet op kole
En ʼn ander wat vlamvat
Glimlag die gewiglose
Hopelik sonder brand wonde.

Sy kyk met net een oog
En hou ʼn halwe smoel.
Sy kriejoel vir een droom
En waai dan saam met die wind.
Ons noem dit werklik protokol,
Dit is maar net die reëls wat lol.