66.            DRAKENSIG

Klein dorp,
Vir my was jy  klein stad,
Soms groter as ʼn voorstad.
Jou prag is steeds blywend,
Soos die siel deswind.
Groter is die dinge elders
Maar jou rustigheid is blywend.

Slapende rooibokke
Lê oor rolbal bane.
Die kwêvoël hou jou geselskap
Tot die houtkapper op sy kop trap.

So hunkerend vind die bloukop
Die warm digte mis.
Die son het na jou kop geskop,
Maar dit was mis.

Die mense is blywend
Om die drakensrant,
Koedoe biltong op die voorstoep
Breek tot watertand.
Ai tog, wonderland,
Hoekom so vêr in die land?