19.       GLO DIT NIE

In die mistige môre son
Is daar nie ʼn blom
Maar versteek onder sagte reën
Sit die blomme en ween.
Hulle botsels toegetrek
Wat net die son kan wek.

ʼn Statige motor kom in soos ʼn droom
ʼn Rolls Royce gedwee in sy volle chroom
Waar ʼn gerys man struik aan die stuurwiel
En deur die mis verwaaide vensters word getel.

Statige geraamtes van twee
Wat my hier wil betaal, agnee.
Prosedures en hulle vat ʼn tree
Na ʼn woonwa en ʼn koppie tee.

Hoekom so gedoen met die welgediend,
Wat in die mis wil kom blomme kyk
So word die statiges uit gereik
Dat ʼn blom se waarde lê ook in sy bek.

Hulle word maar verder voortgelig
Van een pad na ʼn ander geding.
Ons neem toe maar hulle vrug
En hoop hulle dink dit is nie ʼn klug.

Daar verdwyn my misterieuse spoke in die mis
Wetend dit is alles uitgewis
En dat hulle tot die diere gaan mis
Want selfs die blomme is vermis.
Nog kom die spoke na die plek
Om my sprokie te bou by die hek.