41.            GLORIE

Wat jy saai sal jy maai
O’ glorie.
Liefdeskind, skoppensboer
Ek skryf vanaand
Met ʼn selfmoord gevoel.
Skeur die woorde
En keer die gevoel.

Soos damme water
Ontgin ʼn bron
Tot dit droog is
Tot die skedel kraak
Dat alles uit is,
Nog vanaand,
Ja, vanaand.

Môre lewer ek werk
Gister se werk
In onbekende hande.
Dit sal doen
Want dit is goed,
Dit was myne
En nou joune.

18/06/1989