32.            HANDGEBET

Die graniet gestaltes ryk hoog
Op ʼn rug van ʼn koppie vorm ʼn boog.
Moeder natuur se handgebet,
So deur die wind gekloof
Tot meesterlike hande,
Wat poog om hoog
Om te offer karoo bossies,
Gister se drome, Gister se geskiedenis.
By die hande het stilte gekom,
Dit maak my hart klien as die mis kom,
ʼn teken van hoop en herken
as gedagtes verdwaal hierheen.