1.            KREEF

Ma, die ding lyk verskriklik skeef
En soos ʼn spinnekop van oom Greef.
Donker rooi is die duiwelse ding
Met ʼn borrel blasende geding.

Soos ʼn Spaanse dans klap die stert
En hy maak aanhoudend net snert
Want sy arms is soos ʼn bloudraad knyptang
En sy voelers stryk alles wat uithang.

Gooi die fluweel duiwel in ʼn pot,
Maak hom berou met warm seewater sout.
Tot hy keel opsit en skree,
So dat die ou hekse hom kan vergeef.
Bekeer sy dop tot vlees
En bring wyn vir die fees.