4.            MOSSEL

Hy hou styf vas met suinige hande,
Soos Hollandse modder in hout klompe.
Hulle sit daar see diep in klompe,
Ween oor die gety so swart geklee.

Sommige mense het nie frees
Al was dit hoogwater gewees.
Heel voor sit die swart reus,
Kom hom by dan vat ʼn golf jou neus.

Soos ʼn wyse hang jy aan ʼn baard,
Vol dinge van vars boereraat.
Kom gevaar dan vat jy raak
En in vrede sit jy en gaap.
As jy sy huis ooit oop sny
Pas tog op vir die rooigety.