38.            PADDA KWAAD

Die wêreld is soos die lewe in ʼn vlei,
Van kinder kwaad tot katte kwaad.
Dit is ʼn feit
Ons het almal kwaad.
So klink die vlei
Na alle kwaak.

Ek is kwaad vir jou
En jy tog vir my.
ʼn Wonderlike speletjie,
Ballonne bakkies?

Die gekraak word
Van ʼn draak se kwaak
Volmaak met skater
Van gelagter.

Hoekom nou half kwaad
En die met ʼn glimlag,
Of was dit besmeerd
Met die vlei se klei?

ʼn Bak vol klei,
Of die’ se baklei.
Ten einde is niemand boos
Maar net paddavis vriende.

01/02/1989