71.            POLITIEK IN DIE KOMBUIS

O, die Hertzoggies hier,
O, die Hertzoggies daar,
Weg is die bitter smaak.
O, die tweegesiggies hier,
O, die tweegesigies daar,
Weg is die bitter smaak.

Ons vier met smoor snoek
En moskonfyt
Die nuwe eenheid met jolyt,
Met ʼn soetwyntjie
En ʼn mistige reëntjie.

Die mooi nooi
Met die lippe so rooi
Bak reënboog koekies
Met liefdeshoekies
Wat na vrede soek.

Weg is die ou koekie se smaak
En ʼn nuwe mens is gemaak
Wat met liefde aan enigeen sal raak
Met ʼn reënboogkoekie aan die kaak.

02/06/1998