73.            SAMARITAAN

Wees die digter genadig
Hy skryf skewe woorde
En valse akkoorde.
Net  gedagtes maak sin
En tog so moeilik.
Geseënd sy talente
Terwyl ander beswaar maak.

Wat maak ons met die’ skewe goed
En die’ se skewe baas?
Druk niks, nie ʼn woord.
Kyk links en gaan voort
Tot môre wanneer ons buig.
Dan gaan die oë oop
En word skeef weer reguit.

Wees die wyses barmhartig samaritaan.
Gee my salf, gee my sin.
Die lewe luister niks, nie ʼn woord.
Dit kyk links en gaan voort.
Toe is daar ʼn glimlag en skewe woorde,
Van ʼn hart van ʼn digter.
Ek kon help, maar dit was in jou hande.

18/06/1989