8.            SKAAMHAAI

Vang hom met ʼn handlyn oorboord
En voel toe ʼn pluk aan die koord.
Tel toe op die gare aan ʼn stokkie gegort
Want die een gaan aan my behoort.

Ek sien somer my maat trek ook voort
En as sy ook  een kry is dit moord.
Nou trek albei want dit is groot.
Iets is fout maar ons sê nie ʼn woord.

Sy trek, ek trek, nog voel ons die vis.
Maar hier is seker ʼn probleem gemis,
ʼn oplossing is in die soek wees gewis,
maar hier in die skuit gaan geen vis vermis.
Ons pluk hom saam stuurboort op, hoes daai?
Sittend in ʼn kraaines is meneer skaamhaai.