49.            SKINDER

Om dit werd te wees
 Moet dit snert wees
En die persoon moet ook weg wees
Of dan nie van die groep ʼn deelwees.

Waarom sing al die sonbesies
Sodat hulle so in die son kan sis.
Het hulle iets van die self vermis
Of probeer hulle net die groep laat gis.

Die een wat skree het dit mis,
Hy het nog ʼn Bybel deel gemis
En die ander het glo die wysheid vermis.
Presies, dit slaan die mensdom kis.
Niemand het die reg vir ʼn skinderring
Dit is net ʼn ander manier van bespotting.