14.            SPINNEKOP

Dit is seker ʼn grap,
Waarvan praat die pommie?
ʼn Pienk spinnekop groet
in ons eie karoo, dit kan nie.

Vier voet vir ʼn agt voetjie,
Koop die storie glad nie.
Sy is ernstig en pomp die voet neer.
Skud maar die kop en hou die humeur.

Het iemand die seekat uitgedroog
Want die grappie is droog.
Vir ʼn spinnekop verste hoog,
Laat kom vir Noag.

Maar ʼn wyse sê toe vir die storie,
“As iemand hom gaan herken
dan is dit sy eienaar.”