57.            TOTSIENS

Die hart is seer
En die oë vat foto’s neer
Sodat ʼn waterval drup
En die wind sluk na snik.

As jy oor die verte verdwyn
En verouder soos rooiwyn,
As of dit in die stof vergeet.
Dan word die foto’s uitgesit,
Tot ek jou spook kan sien
En hoop die oë kan weer foto’s neem.