VOORWOORD                                            

Veldmaarskalk Jan Smuts het vroeg in my lewe al ʼn invloed gemaak oor stories wat aan my vertel was, later toe ek lid word van die Suid Afrikaanse Instituut van Internasionale Aangeleenthede. Deur boeke wat na hom verwys het en later deur kontak met sy stigting. Die man wat ek nooit persoonlik kon ontmoet nie het my soldaat wees so beïnvloed deur sy holistiese kennis en kennis van die natuur.

Dit is die kennis wat my gelei het deur die gevare waardeur ek beweeg het en wat my neutraal kon hou van party politiek. Hy het my die lig gemaak wat kon skyn oor die mensdom en Verenigde Nasies, so dat my lig ander partye in besonder politieke partye hulle skadu kon gee aan ʼn onafhanklike beleid maar gesamentlik in doel. Die mensdom het so ʼn visie nodig, ʼn droom om na te werk. My ander digbundels verwys ook na hom en is beïnvloed deur sy werk.

Ek het lank vir die Suid Afrikaanse en Suid Afrikaanse Nasionale Weermag se generaals by Verdediging Hoof Kwartier (VHK) gewerk as soldaat, wapenmonteur, personeel klerk en foto-joernalis, nou vind ek my ware tuiste by die veldmaarskalk. Ek is sy Vlagsersant, dit kom van die ou begrip van die Engelse “Colour-sergeant”.

Die rang was die voorloper vir die Staf Sersant end die Vlug Sersant en het sy oorsprong om die vlag in die oorlog of  bewegings van sy eenheid en koning vorentoe te dra, onder die verdediging van die Vlag Sersant. So nou dra ek die Veldmaarskalk sin nie net as soldaat maar ook as familie onder die Skotse begrip van die “CLAN” en vriend. Ek probeer om sy kennis te bevorder en te ontwikkel maar ons albei bly verantwoordelik vir ons eie werk.

Die gedigte van die bundel het meeste hulle oorsprong naby die kus waar Veldmaarskalk Jan Smuts gebore en groot geword het in die Malmesbury gebied. Hulle spreek oor sy liefde vir die natuur, die mens en politiek.