11.            VOLSTRUIS

Soos ʼn stofwaaier met ʼn kop
Probeer moderne kinders inligting in prop
As die verlede swaar herkou in die krop
En wankel die stellasie is daar ʼn knop.
Draai die kruisie om die eier se dop
En wee die gene, hy hou jou dop
Want hy laat jou skrik tot in die kot.
Hy speel met mense en vat ʼn drop
Is jy deur twee pale ingeprop.
Lyk die wêreld se kennis verskriklik
Steek die koppe die sand verdruklik
En die realiteit so weg geskrik.