50.            WOORDE

Met waarheid se liefdes woorde,
Word ons van God se liefdes mense.
Wees reg met woorde en liefde,
Dan is dit hemel op aarde.

Daar sonder wil ons God wees,
Wil bou sonder wysheid,
Wil sonder die self kennis maak.
Wil fondasies bou op ʼn erf wat sweef.

Die wêreld is doof,
Hulle verstaan nie die aarde nie,
Blind vir die boom van kennis.
Stom is hulle wat klou aan oudhede,
Van vandag en gister se geskiedenis.

Ons is vir ʼn rede op aarde,
Om ʼn vrug te bou
Vir die boom van kennis.

15/07/1989